CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

’n Kans op vir altyd

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639606101
UPC:
9780639606101
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

’n Kans op vir altyd

Author: Cecilia Nortjé

Format: Paperback

 

Haar kans op vir ewig en altyd is nou Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan ’n bedrywige sakevrou met ’n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim.

Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou ’n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom.

Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds ’n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik.

Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met ’n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in ’n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het.

Die troues wat sy reël, is ’n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino’s een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak.

Durf hulle ’n kans op geluk, ’n kans op vir altyd, waag?

 

About the Author

Cecilia Nortjé is lektor in die week en skrywer oor naweke. Sy hou van katte, ’n blik skelm kondensmelk en vuurmaak met fynhoutjies en koerantpapier.

Al beskryf sy haarself as sinies, het sy ’n groot swakplek vir romanse.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
22/02/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
368
Dimensions:
198 × 129 mm