CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Menslike Hulpbronbestuur in Openbare Skole

R779.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485133551
UPC:
9781485133551
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Menslike Hulpbronbestuur in Openbare Skole

Author: J Deacon

Format: Physical Hardcopy

Die bestuur van ‘n skool in al sy fasette is ’n reusetaak, en indien sake in die personeelkamer skeefloop, is daar ’n sterk moontlikheid dat die instelling een van die tragiese statistieke oor wanfunksionele skole kan word.

Die McKinsey-verslag oor wêreldonderwysstelsels het getoon dat ’n onderwysstelsel in ’n betreklik kort tydperk omgekeer kan word indien die volgende personeelverwante pogings gebeur:

Kry die beste mense om klas te gee;

Ontwikkel daardie mense om doeltreffend klas te gee;

Stel die nodige stelsels en ondersteuning in om te sorg dat elke kind baat vind by doeltreffende onderrig.

Die doel van hierdie boek is om ’n oorsig te bied van die belangrikste wetgewing wat skole op dié gebied raak, sowel as om die praktiese implikasies daarvan te verduidelik. Skoolhoofde moet met drie verskillende stelle wetgewing werk om die verskillende kategorieë werknemers by die skool te bestuur. Dié boek probeer daarom die belangrikste gebiede van menslikehulpbronbestuur in openbare skole te dek.

Geskryf deur ’n bekende outeur en praktisyn op die terrein van skoolbeheer en -bestuur, bied die boek waardevolle praktiese advies oor die bestuur van menslike hulpbronne in openbare skole.

Contents:

  • Voorwoord – Me Ella Mokgalane

  • Voorwoord – Jaco Deacon

  • Hoofstuk 1: Die regsraamwerk vir die aanstelling en bestuur van personeel in openbare skole

  • Hoofstuk 2: Die aanstellingsproses vir departementele personeel

  • Hoofstuk 3: Die aanstellingsproses vir ’n skoolhoof

  • Hoofstuk 4: Die aanstelling van bykomende personeel

  • Hoofstuk 5: Diensvoorwaardes

  • Hoofstuk 6: Posklassifikasie en vergoeding

  • Hoofstuk 7: Permanente aanstellings en vastetermynaanstellings

  • Hoofstuk 8: Dissipline in die werkplek

  • Hoofstuk 9: Swak werkprestasie

  • Hoofstuk 10: Geskilbeslegting

  • Hoofstuk 11: Wyse woorde

  • Bylae A: The Code of Professional Ethics of the South African Council for Educators


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Juta
Publisher Title:
Menslike Hulpbronbestuur in Openbare Skole
Authors:
J Deacon
Format:
Physical Hardcopy