Product Description
Kompleks
Author: Louis Pretorius
Format: Paperback
Recommended for ages 16+
Scheepersprys vir jeugliteratuur 2025
Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was.
Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul.
Sean hou duim vas vir ’n inter-meer-al-ruimtewurm, maar al wat nou bestaan is hierdie heelal en hierdie realiteit. Om die waarheid te sê, hy dink hy het beland in een van die heelalle van Sean wat beslis ’n fabrieksfout was.
Dit tot hy vir Mika ontmoet het en hulle lewens nooit weer dieselfde sou wees nie. Altans, nie in hierdie heelal nie ...
About the Author
Louis Pretorius matrikuleer in 1997. Na vyf jaar in Engeland, Meksiko en Pretoria as kelner, onderwyser en kantoorbestuurder skryf hy in vir 'n graad in drama by Universiteit Stellenbosch in 2003.
Hy ontvang sy MDram (Cum Laude) in 2008. Sedert 2010 het hy 194 episodes vir TV geskryf wat reekse soos Die boekklub, Kompleks en Fraksie insluit.
In 2018 debuteer sy eerste professionele toneelstuk, 3 Susters, op die Innibos Nasionale Kunstefees. Hy ontvang 'n SAFTA, ses ATKV Mediaveertjies en drie Suid-Afrikaanse Skrywersgilde pryse vir sy skryfwerk.
In 2019 word die Deleen Bekker prys vir TV-draaiboeke deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken en ontvang hy ook 'n erepenning vir TV-regie. Hy is 'n groot Harry Potter aanhanger en hoop steeds dat sy Hogwarts brief eersdaags sal kom.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace