CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Justin Fortuin, seerower

R220.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639603933
UPC:
9780639603933
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Justin Fortuin, seerower

Author: Theresa van Baalen

Format: Paperback

 

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel?

Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word?

En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

 

About the Author

Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.

As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Justin Fortuin
Publication Date:
07/10/2020
Language:
Afrikaans
Pages:
144
Dimensions:
212 × 137 mm
Weight:
0.2 kg