Product Description
Droomboom
Author: Marie Spruyt
Format: Paperback
Soms is huis aan die ander kant van die wêreld... Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, ’n klein Ierse dorpie, aangebied word, gryp professor Mariaan de Jongh die geleentheid aan.
Só kan sy Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat. Sy kan fokus op haar vertaling van die tesis oor Afrikamites en -legendes en vergeet van die geweld en haar kollega se dood.
Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel haar. Sy maak nuwe vriende en begin selfs ’n tentatiewe verhouding met Declan.
Wanneer sy egter uitvind dat hy bande met die Ierse Republikeinse Leër het, besef sy dat geweld en gevaar oral aanwesig is. Droomboom is ’n verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde.
About the Author
Marie Spruyt het reeds twee boeke gepubliseer wat beide vir Woordveertjies
benoem is. Sy het vir ’n paar jaar in die buiteland gebly waarna sy begin skryf het,
juis om die andersheid en eendersheid van ’n lewe daar op papier vas te lê. Spruyt
het ’n doktorsgraad in Linguїstiek en sy woon tans in Polokwane binne ’n sagte,
soel omgewing waarin skryf vir haar ’n noodsaak is.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace