CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

DIGITAL - Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente (5th edition) (eBook)

R759.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485118121
UPC:
9781485118121
Condition:
New
Availability:
Digital access is generated within 1–2 working days of payment and delivered via email with setup instructions.
Shipping:
Free Shipping

Product Description

Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente (5th edition) (eBook)

Author: C Botha

Format: Digital

Wetsuitleg gaan oor die verstaan van uitgevaardigde regstekste – om sin te maak van die wetgewende skema wat op die betrokke situasie van toepassing is. Die doel van Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente is om studente te leer hoe om wetgewing uit te lê en toe te pas.

Deel 1 (‘Wettereg’) stel studente bekend aan verskillende tipes en kategorieë wetgewing, die strukturele komponente van wetgewing, die soms verwarrende ‘kodes’ wat in wetgewende tekste gebruik word, asook die uitdagings wat die toepassing van bestaande oubedeling-wetgewing en nuwe wetgewing inhou. Deel 2 (‘Hoe word wetgewing uitgelê’) bestaan uit ’n hoofstuk oor die teoretiese grondslae van wetsuitleg, en ’n oorsig van die basiese wetsuitlegbenaderings in Suid-Afrika, asook ’n hoofstuk oor die toepassing van die reëls van wetsuitleg.

Deel 3 (‘Die howe se regskeppende diskresie tydens wetsuitleg, en gebiedende en aanwysende bepalings’) bespreek alledaagse toepassings, en Deel 4 is ’n basiese inleiding tot grondwetuitleg. Studente word ook bekend gestel aan minder bekende aspekte van wetsuitleg soos veronderstellings-klousules (deeming clauses), die opskorting van wetgewing, sonsondergangsklousules (sunset clauses), wettiese koeterwaals (legalese) en meerderheidsdwarsboming (the counter-majoritarian difficulty).

Die vyfde uitgawe van Wetsuitleg: ’n Inleiding vir Studente is ’n gebruikersvriendelike inleiding tot die basiese beginsels van wetsuitleg. Dit is hoofsaaklik op voorgraadse regstudente gemik, maar praktisyns sal dit ook nuttig vind.

Die beginsels en reëls van wetsuitleg word verduidelik met hipotetiese feitestelle en praktiese voorbeelde uit hofsake en wetgewing. ’n Aanvullende CD met die volle teks van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (in beide Engels en Afrikaans), en die Interpretasiewet 33 van 1957 (in Afrikaans) word ingesluit.

Contents:

  • Deel 1: Wettereg

  • Algemene inleiding

  • Die begrip ‘wetgewing’

  • Is dit al in werking? Die inwerkingtreding van wetgewin

  • Is dit nog steeds in werking? Veranderings aan en die beëindiging van wetgewing

  • Deel 2: Hoe wetgewing uitgelê word

  • Teoretiese grondslae

  • Praktiese en inklusiewe metodologie: die vyf onderling-verweefde dimensies van wetsuitleg

  • Deel 3: Aantal praktiese toepassings: die howe se regskeppende diskresie tydens wetsuitleg, en gebiedende en aanwysende bepalings

  • Regskepping deur die howe tydens konkretiserin

  • Gebiedende en aanwysende bepalings

  • Part 4: Grondwetuitleg

  • Bibliografie

  • Sakeregister

  • Indeks

  • Aanvullende CD:

  • The Constitution Of The Republic of South Africa, 1996

  • Die Grondwet Van Die Republiek van Suid-Afrika, 1996

  • Die Interpretasiewet 33 van 1957


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Juta
Publisher Title:
DIGITAL - Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente (5th edition) (eBook)
Authors:
C Botha
Format:
Digital