Product Description
Sokkies (Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7: Roman) ePUB (1-year licence)
Author: B Bester
Format: eBook (ePDF)
Sokkies, die ou buurman se perd, se dae is getel, maar nie as dit van Helena afhang nie. Al weier haar ma dat sy haar eie perd kry, is sy druk besig om planne te maak om Sokkies te red. Haar vriend Ouman help haar, asook haar ou vriendin by die ouetehuis. Sal Sokkies gered word en sal Helena se droom om haar eie perd te hê waar word? Hierdie e-boek is ’n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is.
Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoë om op ’n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ’n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.