CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Die Wêreld van die Storie

R420.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780627036071
UPC:
9780627036071
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Die Wêreld van die Storie

Author: W Burger

Format: Physical Hardcopy

Agter hierdie boek lê die verwondering oor ons vermoë om stip na letters op papier te kyk en dan te ervaar dat ons ’n ander wêreld betree. Hoe kry ons dit reg om na aanleiding van die woorde wat ons lees, nie alleen inligting te bekom nie, maar ’n hele wêreld tot stand te verbeel en daarheen te reis? Wat is die rol van die teks hierin? Wat is die rol van die leser? Waarom doen ons dit? Hoe help ’n begrip van ons reise na storiewêrelde om ons “leefwêreld” beter te verstaan?

’n Fokus op die wêrelde van stories maak dit moontlik om tekste krities binne hulle kontekste te lees, sonder om die spesifiekheid van elke teks te verwaarloos of om die betowering van storiewêrelde te verloor.

Contents:

  • HOOFSTUK 1: WONDERWÊRELDE

  • HOOFSTUK 2: WÊRELDE WORD TOT STAND VERTEL

  • HOOFSTUK 3: WÊRELDSKEPPING AS KOGNITIEWE PROSES

  • HOOFSTUK 4: INTERPRETASIE VAN STORIEWÊRELDE

  • HOOFSTUK 5: LEIDRADE EN KONTEKS

  • HOOFSTUK 6: TOWERWÊRELDE EN KRITIESE REFLEKSIE

About the Author

Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die outeur van talle navorsingsartikels in verskeie akademiese tydskrifte en was ook as redakteur by publikasies oor vooraanstaande Afrikaanse skrywers betrokke: Sluiswagter by die dam van stemme (2002 – saam met Helize van Vuuren) oor Karel Schoeman; Die oop gesprek (2006) oor N.P. van Wyk Louw; en Contrary: Critical responses to the novels of André Brink (2013 – saam met Karina Szczurek). Willie het die Caxton Excellence Award in 2015 vir sy resensies in Vrouekeur ontvang, en in 2016 die kykNet-Rapport toekenning as “Boekresensent van die jaar”. Met sy resensies en rubrieke oor die letterkunde in verskeie populêre publikasies probeer hy om literêre navorsing ook buite die grense van die akademie te versprei.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Van Schaik Publishers
Publisher Title:
Die Wêreld van die Storie
Authors:
W Burger
Format:
Physical Hardcopy