Product Description
Die Stoutsterte: van Texel tot Tafelbaai
Author: Marianna Brandt
Format: Softcover
In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na ’n nuwe land. Daar en dan besluit hy: hulle gaan saam.
Texel is nie die plek vir koulike muise nie. So klim Pieta en sy vrou, Leentjie, en hul neef Koot Kaas en sy verwagtende vrou, Ellie, die oggend van 25 Desember 1651 op die Drommedaris – met sterre in hul oë en hoop op ’n gesonder lewe in die land van sonskyn.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.