CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika

Now: R423.00
Was: R470.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781920217396
UPC:
9781920217396
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika

Authors: Ben-Erik van Wyk, Gideon F. Smith

Format: Hardcover

Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer.

Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat: Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geïdentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike. Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare.

Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering. 'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms. Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte. 'n Geïllustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.

Oor die outeurs: Ben-Erik van Wyk is 'n professor in Plantkunde aan die Universiteit van Johannesburg en het 'n navorsingsbelangstelling in plantsistematiek en plantbenutting. Hy is die skrywer van internasionale wetenskaplike topverkopers soos Medicinal Plants of the World en Food Plants of the World.

Gideon F. Smith is Hoofdirekteur van Biosistematiek en Versamelings by die Suid- Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, professor in Plantwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, en 'n navorsingsgenoot aan die Universiteit van Coimbra in Portugal. Hy is die skrywer of medeskrywer van meer as 40 boeke oor onder meer aalwyne, sukkulente, tuinbou, tuine, Angola, taksonomie en indringerplante.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Authors:
Ben-Erik van Wyk, Gideon F. Smith
Publisher Title:
Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika