Product Description
Die beginsel van stof
Author: Breyten Breytenbach
Format: Softcover
Ryk en oorrompelend – ’n testament vir Afrikaans. Hierdie bundel deur een van die groot digters in Afrikaans het sterk outobiografiese elemente en is in ’n sekere sin ’n terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter.
Die tema van verganklikheid en oud-word loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap. Die deernis met die mens en sy vreemde lewensverlope is aangrypend.
Nog selde by hierdie digter het die landskap so ’n primêre en so ’n verhelderende rol gespeel as in hierdie bundel. Eerlike en ongesmukte poësie, kompleks én eenvoudig.
By uitnemendheid ’n “wóórd”-bundel, een wat die taal self bemagtig.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.