Product Description
Clint Fryer en die helde van Huis Hindernis 1: Die soektog
Author: Anzil Kulsen • Illustrator: André Trantraal
Format: Paperback
Recommended for ages 7+
Clint Fryer is deel van ’n groep kinders wat in Huis Helderlig bly, maar al die kinders noem dit sommer Huis Hindernis. Matrone Busiswe meen die kinders wat alewig onder haar voete is, is net ’n hindernis vir haar ... Min weet sy van die avonture wat die kinders beleef!
In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar's nie genoeg geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale Danskampioenskap deel te neem. Die mislike Dedrei, die dogter van die welsyntannie, mag dan nog steeds deelneem.
Clint en sy maats besluit om ’n soektog te loods en uit te vind wat aangaan .
About the Author
Anzil Kulsen is a well-known youth book author and literacy teacher from Upington. More than 20 000 copies of her début novel for teens, Zita, have been sold.
She regularly publishes in magazines and is passionate about reading and children. Anzil Kulsen is 'n bekende jeugboekskrywer van Upington.
Van haar debuutroman vir tieners, Zita, het meer as 20 000 boeke verkoop. Sy publiseer gereeld in tydskrifte en is passievol oor lees en kinders.
About the Illustrator
André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Hy is die skrywer van vele kinderboeke en sy illustrasiewerk word in Amsterdam en Kaapstad uitgestal.
André se werk word benoem vir vele pryse, onder andere die UJ-prys en hy werk graag saam met sy broer, die bekroonde skrywer, Nathan Trantraal. André is ’n pionier in die bevordering van geskrewe Kaapse Afrikaans.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace