CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Briljant! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799390650
UPC:
9780799390650
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Briljant! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes

Author: Robert Winston

Format: Paperback

 

Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes.

Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak ’n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak ’n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou ’n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.

Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat ’n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.

Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is ’n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/01/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
160
Dimensions:
276 × 216 × 30 mm