Product Description
Blinktand van Bosveldparadys met Klankleser®
Author: Attie Snyman
Format: Hardcover
Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. Die storie begin by die geboorte van Blinktand en eindig waar hy die president van Bosveldparadys word na die dood van Boskaas, die ou leeu-president.
Die jong leser beleef nie net gevaarlike gebeure, drama en spanning saam met Blinktand en sy bekkige vriend Kierie Kraai nie, maar ook humoristiese situasies wat lesers – jonk en oud - sal laat skaterlag. Blinktand van Bosveldparadys is 'n unieke lees- en leerervaring: jy kan dit lees soos ’n gewone storieboek, of met die Briza Klankleser® na die volledige verhaal in die boek luister. 'n Lekkerlees- en luisterboek vir kinders, maar grootmense sal dit ook geniet!
Dit is ’n storieboek, leesboek, luisterboek, leerboek, natuurboek asook 'n boek met sterk onderliggende opvoedkundige temas soos respek, eerlikheid, naasteliefde, nederigheid, leierskap, vasberadenheid, deursettingsvermoë, vergewensgesindheid en dankbaarheid. Die boek is ideaal vir selflees of voorlees - tuis of in die klaskamer.
Aan die einde van elke hoofstuk is ’n lys van moeilike woorde en uitdrukkings wat woordeskatuitbreiding aanmoedig asook ’n stel vrae wat die jong leser se kennis en begrip van dít wat gelees is, toets. Aan die einde van die boek is ’n leersame afdeling met kleurfoto’s en beskrywings van die diersoorte en plante wat in die storie voorkom.
Die storie word voorgelees deur die bekende akteur Lochner de Kock en kan ook afsonderlik in MP3 formaat van Briza se webwerf afgelaai word. Pakket bevat:
Blinktand van Bosveldparadys boek Klankleser® Blinktand van Bosveldparadys klankbaan Nota:
As jy reeds die Klankleser® besit, kliek hie r om die Blinktand van Bosveldparadys boek alleenlik te kry, en hier om die Blinktand van Bosveldparadys klankbaan te kry Spesiale Blinktand inkleurprente is aflaaibaar van ons webtuiste.
Kliek hier om hul te sien en af te laai. Slegs in Afrikaans beskikbaar
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.