CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Z-A-K: Die blou planeet

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799394054
UPC:
9780799394054
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Z-A-K: Die blou planeet

Author: Theresa van Baalen

Format: Paperback

Recommended for ages 13+

 

Twee wêrelde is op die punt om te bots ...

Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg.

En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp.

Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red.

Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan?

Al is die planeet besig om aangeval te word…

Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.

 

About the Author

Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.

As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Z-A-K
Publication Date:
10/07/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
128
Dimensions:
212 × 137 mm