CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Ystervuis uit die see

R340.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781868427796
UPC:
9781868427796
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Ystervuis uit die see

Authors: Arne Söderlund, Douw Steyn

Format: Trade Paperback

Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval.

Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW. Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Delta
Publisher Title:
Ystervuis uit die see
Authors:
Arne Söderlund, Douw Steyn
Format:
Trade Paperback