Product Description
Xhosa vir Onderwysers
Authors: André Steenkamp, Sanet Cox and Xolani Mavela
Format: Physical Hardcopy
Xhosa vir Onderwysers is ‘n beginnersboek vir volwasse leerders wat isiXhosa in ‘n klaskamersituasie aanleer. Die inhoud dek ‘n verskeidenheid onderwerpe wat tipies is van enige beginnerskursus in ‘n tweede of vreemde taal, maar die meeste van die onderwerpe is aangepas om te voldoen aan die behoeftes van nie-moedertaal sprekende onderwysers en studentonderwysers wat met isiXhosa sprekende leerders in hulle klasse wil kommunikeer.
Die inhoud word so aangebied dat leerders die taal reg van die begin af kan begin gebruik. Xhosa vir Onderwysers bied leerders voorbeelde van gesprekke in ‘n verskeidenheid situasies, met die klem op die klaskamer en die skoolomgewing.
Taalnotas verduidelik belangrike grammatikale aspekte wat nodig is om vinnig in die taal te kan vorder, terwyl Kultuurnotas diepte en verryking bied deurdat dit leerders help om belangrike kulturele aspekte te verstaan. Elke hoofstuk bevat ook ‘n aantal aktiwiteite wat leerders help om die inhoud vinnig te bemeester. ‘n Uitspraakgids en ‘n lys van algemeen gebruikte woorde is ook ingesluit.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.