Product Description
Wo(o)rdslim 2
Author: Jaco Jacobs • Illustrator: Zinelda McDonald
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders! Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in; Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas; Woordsoekblokke; Spelspeletjies; Letterblokke; Kriptogramme en ander briljante breinboelies. Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.
About the Author
Jaco Jacobs is die skrywer van vele bekroonde, topverkoper boeke vir kleuters, kinders en tieners. Hy vertaal graag en het al vertalings vir kinders en tieners in beide fiksie- en niefiksieboeke gedoen.
About the Illustrator
Zinelda McDonald is an award-winning South African illustrator who lives in Wellington in the Western Cape of South Africa. She has illustrated numerous children’s books and is also a well-known designer and illustrator of children’s book covers.
Awards for her work include the Alba Bouwer Prize and the Exclusive Books IBBY SA Award.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace