Product Description
Wie Het Vir Jimmy Valentine Vermoor? (novel)
Format: Physical Hardcopy
Die lyk van ‘n jong musikant word op die dak van ‘n verlate taxi gevind. Dit blyk dat hy die jongste slagoffer van ‘n taxi oorlog is.
Die plaaslike gemeenskap is woedend oor die moord. Jimmy Valentine was vir hulle ‘n simbool van hoop.
Die speurder in beheer van die ondersoek is Jake Mulligan, ‘n groentjie by die Kaapstadse moord-en-roof-afdeling. Soos die ondersoek vorder, laat Jake toe dat Kate Edwards, ‘n joernalis, by die saak betrokke raak.
Saam ontdek hulle daar skuil meer agter die moord as wat hulle aanvanklik gedink het. Normaalweg hou ek nie van spanningsverhale nie, maar hierdie is ‘n briljante storie.
Ek wens ons Afrikaans-onderwyser wil sulke boeke vir ons voorskryf! Esta Burger, Graad 9 – leerder
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of SA School and Office Supplies (Pty) Ltd, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.