Product Description
Wat Werner doen met sy drie miljoen
Author: Tertius Janse van Rensburg
Format: Paperback
Recommended for ages 11+
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse.
Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop.
Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk.
Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?
About the Author
Tertius Janse van Rensburg is 'n siviele ingenieur van beroep, 'n besproeiingsboer en wiskundedosent. Ná sy aftrede begin hy skryf en publiseer sy eerste novelle in 2000 in Huisgenoot en skryf ook daarna 'n klomp kortverhale.
Sy groot deurbraak kom toe hy as die beste debuutskrywer in LAPA se jeugromankompetisie 2019 bekroon word. Hy skryf oor gewone mense wat in gewone situasies beland.
Tertius is aktief betrokke by die kerk, Gideons Internasionaal en die ATKV. Hy is gelukkig getroud en hy het drie seuns en sewe kleinkinders.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace