CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Waar die doringbome sing

R300.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9781779880161
UPC:
9781779880161
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Waar die doringbome sing

Author: Elize Parker

Format: Paperback

 

Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na die onlangse warrelwind van gebeure. Lenore worstel met ’n groot persoonlike verlies.

Die kringloop van haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating wat sy al in kleintyd ontwikkel het; net verder verdiep. Maar noudat sy self ’n ma is; besef sy dat sy haarself hiervan sal moet bevry om ’n standvastige ouer vir haar kinders te wees.

Hulle oupa Tjaart se visie vir Bateleur-reservaat rus ook op haar skouers; en sy dra swaar daaraan om getrou hieraan te bly. Bella; wat al in haar tienerjare wees gelaat is ná haar ouers se selfvernietigende besluite; begeer ’n familie van haar eie.

Ná haar broer; Jaco; se hartseer dood in ’n skiettragedie; het sy in haar alleenheid die ideaal van ’n perfekte familie nagejaag. Maar miskien is daar tog ’n hegte kring van liefde vir Bella bedoel wat nie uit die standaard definisie van die perfekte familie bestaan nie; maar eerder in die warm koestering van ’n laslap familie.

Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar toewyding aan die Here en die opofferings wat sy in haar diens aan Hom maak; dat sy nie besef haar sendeling bestaan het ’n selfopgelegde prys geëis wat die Vader nooit van haar gevra het nie. Haar ma is sterwend en Tarien begin wonder oor haar im-pulsiewe; romantiese uitkyk op die lewe en hoe dit haarself en haar naastes benadeel.

Sy begin twyfel of dit ooit só moes wees. Miskien lê die antwoorde op haar vrae en brose behoeftes op haar grootwordplaas ...

 

About the Author

Elize Parker is ’n omgewingsjoernalis en skrywer van twee Christenfiksie-reekse; sowel as talle dagstukkieboeke in Engels en Afrikaans. Sy was sewe jaar ’n kolomskrywer vir Huisgenoot-tydskrif en verbonde aan nuusspanne van Laevelder-koerant en Bulletin Radio-nuusagentskap.

Sy val graag in die pad na die Weskus om oor krimpende pikkewynbevolkings te skryf en stap agterpaaie van die Overberg op soek na vlugvoetige rooikatte. Elize werk as ’n joernalis en woon in Pretoria.

Sy is ma van twee dogters; onderwyseres Ruby; en navorser oor pandemies; Edyth. Sy droom daaroor om ’n boek te skryf oor bedreigde groot kat bevolkings soos leeus en tiere.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LUCA
Publication Date:
01/11/2024
Language:
Afrikaans
Pages:
272
Dimensions:
234 × 153 × 20 mm
Weight:
0.4 kg