Product Description
Voetstoots
Author: Annelie Botes
Format: Paperback
Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre.
Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
About the Author
Annelie Botes (28 Junie 1957–12 Desember 2024) was een van Afrikaanse se gewildste roman-, kortverhaal-, reis- en rubriekskrywers. Romans soos Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind, Thula-Thula, Swart op wit en Katvis het uit haar pen verskyn. Sy het vir meer as twee dekades rubrieke vir verskeie publikasies gelewer. Annelie se werk is wyd vertaal en verskeie literêre pryse is aan haar toegeken
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.