Product Description
Vier susters
Author: Gerda Taljaard
Format: Paperback
ATKV-Woordveertjie vir Fiksie 2022
kykNET-Rapportprys vir Fiksie 2022
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.
Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.
Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.
Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.
Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.
Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf.
Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.
About the Author
Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok, Kelder, Die laksman se dogter en Vier susters. Die laksman se dogter is met die kykNET-Rapport-filmprys vereer. Vier susters is bekroon met die kykNET-Rapport-fiksieprys en die ATKV-Woordveertjie vir prosa. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.