Product Description
Via Afrika Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek
Format: Physical Hardcopy
Maak gereed vir ’n jaar vol pret en interessante feite! Hierdie boek sal jou alles oor die natuurlike wêreld en tegnologie vertel, asook hoe die twee temas by mekaar aansluit.
Jy gaan eksperimente doen. Jy gaan strukture maak.
Jy gaan die menslike oog en hoe dit werk, bestudeer. Jy gaan ook alles van plante, diere, klippe en swaartekrag leer.
Dis ’n wonderlike wêreld daar buite. Wees gereed om die wonders daarvan te verken!
Features:
-
Volkleur, A4 grootte handboek.
-
Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
-
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
-
Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
-
Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
-
Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
-
‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
-
Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
-
Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
-
‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.