Product Description
Vasbyt Vyf (1): Die ontvoering
Author: Eleanor Lombard
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
ATKV Woordveertjies: Selfleeskategorie: Graad 6 – 7 2025
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry — net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré wéét wat hulle gesien het… en daar is net een oplossing: hulle moet die meisies red. Maar toe al hulle planne verkeerd loop, word die twee seuns sowel as Jaco se sussie, Karli, ook deur die ontvoerders vasgekeer. Nou moet die vyf kinders leer vasbyt… en planne maak.
About the Author
Eleanor Lombard is in 1950 in Kaapstad gebore. Op skool in Hoërskool Kemptonpark blink sy uit in drama en ontvang in haar matriekjaar 'n ATKV-jeugtoneel oorkonde as beste toneelspeelster in Transvaal.
Na haar skoolloopbaan verwerf sy 'n BA graad aan Tukkies, 'n onderwysdiploma (met lof) in Potchefstroom en 'n honneursgraad in geskiedenis aan UNISA. Tydens haar onderwysloopbaan is sy lektrise in Afrikaans aan die Bellville Opleidingskollege. Sy en haar man, Pieter, is lief vir reis en sy publiseer gereeld reisartikels.
Sy skryf ook verskeie radiodramas en was 'n finalis in die RSG/Sanlam radiodrama-skryfkompetisie. Sy debuteer in 2022 met Jy handle dit net.
Eleanor en Pieter woon tans in Tergniet, naby Mosselbaai. Sy is die ma van drie kinders en die trotse ouma van twee kleinkinders.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace