Product Description
Troep
Author: Bun Booyens
Format: Paperback
South African Humanities and Social Sciences (HSS) Awards: Best Non-Fiction Edited Volume 2025
Die dinge wat hulle saamdra
In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.
Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.
About the Author
Bun Booyens was die stigtersredakteur van die reistydskrif Weg! en redakteur van die dagblad Die Burger. Hy is die samesteller van die eeufeesboek Die Burger 100 – Sy Mense en Hul Stories (2016), 50 jaar met Fred (2020), oor die spotprentkunstenaar Fred Mouton, en Ek Onthou – Die Lewensverhaal van ’n Outistiese Seun (2021). Hy was ’n voetsoldaat tydens diensplig en werk tans as ’n vryskutjoernalis.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.