Product Description
Trits - Mis, Mirakel, Drif
Author: De Wet
Format: Physical Hardcopy
Die vervlegting van die naïewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot 'n drieluik, 'n musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink. Al die "verlore persone" ontsnap uit 'n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van "teater" en 'n reeks "towenaars" die buitengewone, dog gevaarlike wêreld van fantasie en vervulling.
Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk 'n spesifieke atmosfeer het. Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede trilogie waarin sy noukeurig gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra.
Hierdie uitgawe help Afrikaans Huistaal-leerders met hul voorbereiding vir die Nasionale Graad 12-eksamen. Die volgende nuwe afdelings bied omvattende leiding en ondersteuning:
Features:
-
'n opsomming van elke drama;
-
'n biografie van die dramaturg;
-
agtergrondinligting oor die dramas;
-
eksamenvrae met voorgestelde antwoorde;
-
riglyne vir die skryf van literêre opstelle;
-
'n glossarium met literêre terme; en
-
verwysings vir verdere studie en opleeswerk.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.