Product Description
Toegepaste Taalkunde in Afrikaans
Authors: WAM Carstens, TJ van Dyk
Format: Physical Hardcopy
Soos internasionaal die geval is, word die toegepaste taalkunde as studieterrein lank reeds in Suid-Afrika ondersoek, asook ten uitvoer gebring. Daarvan getuig die talle publikasies wat oor jare heen al oor die toegepaste taalkunde in Suid-Afrika verskyn het.
Hierdie publikasies was egter meestal in Engels. Vir ’n publikasie oor die toegepaste taalkunde in Afrikaans lê die veld dus braak. Dit is hierdie gaping wat met die boek gevul wil word. Hierdie boek het ten doel om die toegepaste taalkunde as selfstandige dissipline (wat dit internasionaal wel is) in Afrikaans te verken en in hierdie proses behoorlik gevestig te kry.
Dit word gedoen met die hulp van bykans alle taalkundiges wat in hierdie dissipline in Suid-Afrika werk – nie net taalkundiges uit die Afrikaanse konteks nie, maar ook talle wat primê r in Engels werk. Die gesamentlike kundigheid van hierdie groep akademici word in die boek op ’n kragtige wyse byeengebring.
Die uiteenlopende komponente van die toegepaste taalkunde word sistematies uiteengesit en toegelig met Afrikaanse voorbeelde soos wat dit in die praktyk voorkom. Op hierdie wyse word die inhoud van die toegepaste taalkunde uitgepak vir ’n diverse gehoor: studente, akademici en belangstellendes in die taalkunde. Om hierdie rede is dit ’n boek wat verdien om gelees én gebruik te word.
Contents:
-
1. Die toegepaste taalkunde – ’n oorsig 2. Is die toegepaste taalkunde ’n onderdeel van die linguistiek? 3. Navorsingsbenaderings in die toegepaste taalkunde DEEL 1: TAAL EN ONDERRIG 4. Sillabus- en kursusontwerp 5. Taal vir spesifieke doeleindes 6. Akademiese geletterdheid vanuit ’n talige perspektief 7. Taaltoetsing en die assessering van taalvermoë 8. Klaskamerassessering 9. Die onderrig van lees 10. Die onderrig van akademiese skryfvaardigheid 11. Skryfsentrumpedagogiek 12. Tweede- en vreemdetaalverwerwing 13. Rekenaargesteunde taalonderrig DEEL 2: TAAL EN GEMEENSKAP 14. Taal, identiteit en nasievorming 15. Taalbeplanning 16. Taalbeleid 17. Taalpolitiek 18. Meertaligheid 19. Taalsosiologie DEEL 3: TAALPRAKTYK 20. Tolking 21. Vertaalkunde 22. Teksredaksie 23. Suid-Afrikaanse Gebaretaal 24. Gewone taal 25. Advertensiemateriaal 26. Skryfwerk en leerderkorpora 27. Terminologie DEEL 4: VERWANTE DISSIPLINES 28. Forensiese linguistiek 29. Korpuslinguistiek 30. Psigolinguistiek 31. Kognitiewe linguistiek 32. Tekslinguistiek 33. Stilistiek 34. Diskoersanalise 35. Toegepaste sosiolinguistiek 36. Kindertaal 37. Onomastiek 38. Die Linguistiese Landskap/Linguistiese Landskapstudies
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.