Product Description
Theseus
Author: Maritha Snyman
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
Hy is sterk en slim.Hy is reg vir avontuur.Hy hou nie van boelies nie.Hy is ’n seun wat sonder ’n pa grootgeword het.Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.Theseus is ’n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder ’n pa grootgeword maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik ’n koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa oor te wen, is om ’n paar sandale en swaard wat onder ’n reuseklip versteek is aan sy pa te vat. Sy pa soek ’n seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet ’n klomp boewe verslaan en uiteindelik word hy bekend vir sy krag en goeie dade.
About the Author
Maritha Snyman het baanbrekerswerk vir Afrikaanse kinderboeke gedoen en sy het veral bekendheid verwerf danksy haar leserstudies op die gebied. Sy is die skrywer van topverkoper-kinderboeke soos die Liewe Lawwe Lagboek-reeks, ’n Annerste ABC-boek vir aspatatte, en verskeie titels in die Reënboogrant-reeks.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace