Product Description
Ten Slotte
Author: Eben Etzebeth
Format: Trade Paperback
Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en bewonder.
Hy is lid van die senior Springbok-leierskapspan, en speel ’n groot rol in ’n ongelooflik suksesvolle era wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers en die groep se huidige posisie van twee jaar boaan die wêreldranglys insluit. In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af.
Van sy nederige kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten Slotte die persoonlike kant van sy loopbaan, en wat dit geverg het om ’n wêreldkampioen te word.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.