Product Description
Teiken in Parys
Author: Nerine Ahlers
Format: Paperback
Recommended for ages 13+
Dienkie is alweer in die moeilikheid ... Dienkie en Lea word die teikens van smokkelaars as hulle per ongeluk sien hoe ’n kosbare beeldjie uit die Louvre in Parys gesteel word.
Die twee meisies word ontvoer en moet uit ’n pakhuis ontsnap. Gelukkig het die vriendinne teen hierdie tyd genoeg vaardighede om hul uit die situasie te kry.
En ... is dit nou finaal verby tussen Dienkie en Sergio of gaan hulle uiteindelik die groot stap neem om ’n paartjie te wees?
About the Author
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St.
Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace