CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Swart swaan

R290.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781415210499
UPC:
9781415210499
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Swart swaan

Author: Wilken Calitz

Format: Paperback

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met ’n dodelike aptyt.

In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir die gedierte ’n blyplek te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom in staat sal stel om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.

About the Author

Wilken Calitz behaal sy meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy musiek vir verskeie verhoogstukke komponeer, onder meer vir Vaselinetjie, Drif en Kristalvlakte. Hy het die musiek vir die opera Die vertrek geskryf asook die klankbaan vir die tv-program Honger.Sy radiodrama Veertig dae behaal 'n tweede plek in RSG se radiodramakompetisie en sy verhoogstuk 2092: God van klank wen die 2013 Woordfees Uitskieterprys en word vir ses Fleur du Cap-teatertoekennings benoem.Van sy onlangse tekste vir die verhoog sluit in: Veelvoud van bestaan, Karatara en Salome. Hy verwerf 'n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden. Swart swaan is sy debuutroman.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Swart Swaan
Authors:
Wilken Calitz
Publication Date:
30/03/2020
Language:
Afrikaans
Pages:
216
Dimensions:
210 × 134 × 16 mm
Publisher:
Umuzi
Format:
Paperback