Product Description
Strafprosesreg Handboek (13th edition)
Author: JJ Joubert
Format: Physical Hardcopy
Studente sal hierdie boek van groot waarde vind by hulle studie van die Strafprosesreg. Dit maak lesers vertroud met die fundamentele beginsels en waardes onderliggend aan hierdie gebied van die reg en lei hulle stelselmatig deur die proses wat op strafsake van toepassing is.
Professor J P Swanepoel (voormalige staatsadvokaat met beduidende praktiese ondervinding in die strafhowe) en Professor J J Joubert is beide afgetrede lede van die Departement Straf- en Prosesreg van die Universiteit van Suid-Afrika.
Professor S S Terblanche (voorheen ’n landdros) is ’n lid van die Departement Straf- en Prosesreg van die Universiteit van Suid-Afrika en het al ruim bygedra tot die literatuur met betrekking tot vonnisoplegging. Professor S E van der Merwe was professor in Publiekreg aan die Universiteit Stellenbosch en is steeds ’n produktiewe skrywer oor hierdie vakgebied.
Professor G P Kemp is ’n lid van die Departement Publiekreg van die Universiteit Stellenbosch en sy publikasies oor die strafregspleging verwys gereeld na sy spesialiseringsgebied, die internasionale strafreg.
Professor D Ally is Hoof van die Departement Regte van die Tshwane University of Technology en het ’n aantal artikels geskryf met die strafproses as onderwerp, en met besondere verwysing na die impak van die Grondwet op die strafproses. Dr M T Mokoena is Hoof van die Departement Straf- en Prosesreg van die Universiteit van Suid-Afrika en lewer publikasies oor die strafprosesreg, insonderheid borgtog.
Contents:
-
DEEL I Geselekteerde Algemene Beginsels Van Die Strafprosesreg
-
DEEL II Die Strafproses
-
Fase Een: Die Strafproses Voor Die Verhoor
-
Fase Twee: Die Verhoor
-
Fase Drie: Die Vonnis
-
Fase Vier: Regsmiddele Ná Uitspraak En Vonnis
-
Aanhangsels
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.