Product Description
Staan in die algemeen nader aan vensters
Author: Loftus Marais
Format: Softcover
Eugène Marais-prys (2009) Universiteit van Johannesburg-debuutprys (2009) Ingrid Jonker-prys (2009) Proteaprys vir poësie (2009) Suid-Afrikaanse Letterkundetoekenning vir poësie (2010) ’n Debuutbundel met jong, oorspronklike verse wat die alledaagse op sterk beeldende maniere met betekenis en betowering laai. In hierdie bundel word die vier aparte leefruimtes van ’n sprekerstem poëties ontgin.
Die studentedorp, die voorstad, die stad en ook die platteland word op soms speelse, soms intieme wyses ondersoek, en die verweefdheid van ruimte en identiteit word stadig aan die leser uitgelê. In al hierdie ruimtes is die grootste bindende faktor die alomteenwoordigheid van kuns, en dan spesifiek die blik van die digter.
Maar dit is nie ’n eenheidsbundel in die tradisionele sin van die woord nie. Hier word juis teen die poëtiese tradisie gerebelleer, terwyl daar tegelykertyd ’n waardering van klassieke invloede is.
Staan in die algemeen nader aan vensters is ’n bundel vol komplekse energie. Marais speel met stemme by tye liriese én wrang, somber én snaaks, nostalgies én hiperkontemporêr: van ’n herbeskrywing van die poëties-geykte Karoo-landskap tot die skyn-tragiese mymerings van ’n tuindwerg.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.