Product Description
Sluitstuk
Author: Johann Rossouw
Format: Paperback
Drie jaar ná die dood van Afrikaans se grootste skrywer kom ’n Nederlandse vrou na Suid-Afrika om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.
Onder die deurdringende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, hul vervlegte lewens bloot in die bestek van een nag.
Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op sy eertydse leerling so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?
Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls verken.
JOHANN ROSSOUW is die skrywer van die romans ’n Rooi Z4 en ’n Renaissance-kasteel en Verwoerdburg. Sy artikels en rubrieke verskyn gereeld in Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy het in Suid-Afrika, Frankryk en Australië studeer, en hy doseer tans filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy woon saam met sy gesin in Bloemfontein.
About the Author
Johann Rossouw het grootgeword in Verwoerdburg (nou Centurion). Hy studeer filosofie in Suid-Afrika, Frankryk en Australië. Sy debuutroman, 'n Rooi Z4 en 'n Renaissance-kasteel, is in 2007 uitgereik. Hy is ook die skrywer van die Beeld-rubriek Glasoog, en sy artikels verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy doseer filosofie en woon saam met sy gesin in Bloemfontein.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.