CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Skoenlapper

R320.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780798170062
UPC:
9780798170062
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Skoenlapper

Author: Irma Venter

Format: Softcover

’n Naelbyt-spanningsverhaal met eiesoortige karakters en ’n besonderse liefdesverhaal, deur ’n opwindende nuwe skrywer. Alex het ’n teorie oor chaos.

Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind.

By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie.

Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in.

Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe.

Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Die aweregse karakters in hierdie spannende raaiselroman, sal gou ou vriende word.

Die briljante polisieman Hamisi Habane word deur sy eie spoke voortgedryf, en vir Alex se IT-kontak, die petite Sarah Fourie van Pretoria-Wes, is geen inligting buite perke nie, solank sy haar ses blikkies Coke en haar rekenaar byderhand het.

Features:

  • ”Witwarm romanse, moord, die eksotiese Dar es Salaam: Irma Venter is ’n belowende nuwe spanningskrywer.” – Karin Brynard

  • Laai die gratis leesgids hier af:

  • Skoenlapper leesgids


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Human & Rousseau
Publisher Title:
Skoenlapper
Authors:
Irma Venter
Format:
Softcover