CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Sithanda isiXhosa Boek 1

Now: R115.34
Was: R135.70
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781920204020
UPC:
9781920204020
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Sithanda isiXhosa Boek 1

Authors: André Steenkamp, Sanet Cox and Lungiswa Limba

Format: Physical Hardcopy

Sithanda isiXhosa Boek 1 is geskryf vir leerders van Graad 2, 3 of 4 wat vir die eerste keer Xhosa as tweede addisionele (derde) taal begin leer. “Sithanda isiXhosa” beteken “ons hou van Xhosa”, en dit weerspieël die doel met hierdie boek: om leerders bekend te stel aan en lief te maak vir die taal.

Die klem val deurgaans op pret-aktiwiteite wat daarop gemik is om leerders se praat- en luistervaardighede te ontwikkel. Ten spyte van die klem op praat en luister, word daar ook genoegsame voorsiening gemaak vir leerders om neer te skryf wat hulle geleer het.

Daar is ook heelwat aktiwiteite wat gemik is op die vaslegging van woordeskat. Die Opvoedersgids op CD wat saam met Sithanda isiXhosa Boek1 aangekoop kan word, gee vir elke les wenke oor hoe om die boek te gebruik en ook riglyne vir die kommunikatiewe benadering tot die onderrig van ‘n tweede addisionele taal.

A4-grootte prente van die karakters in die boek word ook by die opvoedersgids ingesluit sodat dit in die klas vir lesaanbieding aangewend kan word. Sithanda isiXhosa Boek 1 is ook in Engels beskikbaar.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Authors:
André Steenkamp, Sanet Cox and Lungiswa Limba
Publisher:
Future Managers
Publisher Title:
Sithanda isiXhosa Boek 1
Format:
Physical Hardcopy