CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Sinkhuisresepte

R380.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9781485901204
UPC:
9781485901204
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Sinkhuisresepte

Author: Willie Strauss

Format: Paperback

 

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is 'n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.In sy Sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit.

Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros deegkors.

Interessante nuutjies soos Vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het, is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy Sinkhuis te kuier.

 

About the Author

Willie Strauss is op Kenhardt in die Noord-Kaap gebore. Hy het ’n diploma in uitvoerende kuns aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) behaal.

Willie het direk in die bedryf begin werk, maar sy loopbaan het in die rigting van kos begin beweeg ná hy kosrubrieke vir die Rapport-tydskrif MyTyd begin skryf het. Dit was die begin van sy eerste kookboek, Daar is ’n engel in my koskas.Hy het gereelde kospraatjies op RSG en Pretoria FM en is ook ’n gereelde gas op TV-programme.

Willie was ook mede-aanbieder van Kos is Oppie Tafel op die onafhanklike kanaal ASTV. Willie toer tans die land vol met sy produksie Willie kook. Hy is ook ’n gewilde beoordelaar by verskeie kunswedstryde en eisteddfods.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/03/2025
Language:
Afrikaans
Pages:
176
Dimensions:
280 × 215 × 12 mm
Weight:
0.7 kg