Product Description
Siegfried
Author: Willem Anker
Format: Softcover
Universiteit van Johannesburg-debuutprys (2008) Jan Rabie Rapport-prys vir innoverende letterkunde (2008) Siegfried Landman is iets in die dertig. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ’n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon.
Maar dan, op ’n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ’n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ’n meermin in die see is. Dit word ’n magiese reis, wat begin met ’n besoek aan ’n boeregesin op nog ’n afgeleë plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met ’n voorliefde vir die teatrale. ’n Verstommende, meesleurende roman – ’n verhaal wat voortsnel tot ’n onafwendbare einde. ’n Kosbare toevoeging tot die Afrikaanse letterkunde.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.