Product Description
Shuters Topklas Kodering en Robotika Graad 2 Werkboek
Author: Kotze MW SA School Coding
Format: Physical Hardcopy
Shuters Topklas is ’n eietydse, gebruikersvriendelike leerprogram wat aan al die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) voldoen. Die reeks is deur ’n uiteenlopende groep Suid-Afrikaanse vakkundiges met uitgebreide ervaring in hul vakgebied geskryf.
Elke boek in die reeks is ontwerp om onderwysers te help om tyd te bespaar, administrasie te verminder en met vertroue te onderrig. Shuters Topklas: Al hoe meer onderwysers regoor Suid-Afrika gebruik Shuters Topklas omdat dit ’n voortreflike onderrigervaring en uitstekende leerderresultate bied.
Features:
-
dek al die onderwerpe in die KABV-kurrikulum;
-
bevat eenvoudige verduidelikings en pretaktiwiteite om leer te bevorder;
-
is op die vlak van die leerder geskryf;
-
gebruik aktuele en relevante voorbeelde;
-
help om doeltreffende assessering te fasiliteer;
-
gee aan leerders ruim geleentheid om in te oefen wat hulle geleer het;
-
gebruik sleutelwoorde en -konsepte om leeswoordeskat uit te brei; en
-
ondersteun onderwysers met ’n omvattende en gebruikersvriendelike Onderwysersgids
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.