CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Ratels aan die Lomba: Die Storie van Charlie-Eskadron

R295.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781868427505
UPC:
9781868427505
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Ratels aan die Lomba: Die Storie van Charlie-Eskadron

Author: Leopold Scholtz

Format: Trade Paperback

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Die boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Op die Lomba het hulle nie net te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig nie, maar ook teen ’n terrein wat so dig bebos was dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word.

Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg op die Lomba.

Scholtz se beskrywing van hierdie David teen Goliath geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor.

Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Jonathan Ball Publishers
Publisher Title:
Ratels aan die Lomba
Authors:
Leopold Scholtz
Format:
Trade Paperback