Product Description
Platinum Laerskool Atlas Graad 4-7
Format: Physical Hardcopy
Die Platinum Laerskool Atlas is 'n kosbare, kleurryke bron wat spesiaal ontwikkel is om leerders aan die betekenis en gebruik van kaarte bekend te stel. Elke kaart, grafiek en foto is met sorg uitgesoek om Geskiedenis en Geografie te verlewendig.
Deur vir kinders 'n venster op die wêreld buite die klaskamer te open, word leer verryk. Hierdie unieke atlas ondersteun die KABV-kurrikulum.
Die samestellers is vak- en onderwysspesialiste wat die behoeftes van Suid-Afrikaanse onderwysers en leerders verstaan. Die Platinum Laerskool Atlas bied:
Features:
-
Skakels na die KABV-kurrikulum vir Sosiale Wetenskappe;
-
Omvattende steun vir Geskiedenis en Geografie;
-
Die nuutste inligting, statistieke, kaarte en grafieke;
-
Liggingskaarte, kaartsleutels, lyn- en woordskale, rigtingaanduiders, alfanumeriese ruite en byskrifte, en lengte- en breedtelynpunte; en
-
'n Volledige indeks van plekname.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.