Product Description
Per ongeluk Parys
Author: Nerine Ahlers
Format: Paperback
Recommended for ages 13+
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. Hierdie situasie spel vir haar net een woord: Moeilikheid. Veral toe Sergio se Franse vriendin, Veronique, van die uitnodiging hoor. En dit is nog voordat tannie Mon en Dienkie se niggie, Trish, in Parys aankom. Hoekom is twee onbekende mans op Trish se spoor? En hoe gaan hulle van die mans ontslae raak?Veral as Dienkie vir Sergio ook nog op ’n afstand moet probeer hou?
About the Author
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St.
Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace