CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Pandora

R320.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9781779860187
UPC:
9781779860187
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Pandora

Author: Marie Spruyt

Format: Paperback

 

Ná ’n liefdesteleurstelling en ’n moeilike inperktyd, is Emma uiteindelik reg om weer uit haar dop te kruip. Net betyds vir baas Wim se aanloklike aanbod: ’n Projek neem hom Midde-Ooste toe en hy kort haar ondersteuning.

Binnekort verdaag Emma na Siprus onder die voorwendsel om by haar suster te gaan kuier. Maar die skone Siprus is nie net kristablou waters, sonnige strande en Griekse oudhede nie.

Emma is immers daar om internasionale geldwasnetwerke oop te vlek, en gou ontdek sy dat die gevaar nader is as wat sy of Wim besef. Wat kom maak die superseiljag saans naby die seegrotte?

Waar lê hulle plaaslike agent Nikos se lojaliteit? Weet die vissermanne dalk meer as wat hulle voorgee?

Skielik lyk dit asof Pandora al die wêreld se euwels opnuut vrygelaat het. As Emma ooit weer vir Wim wil sien, en hom wil vertel hoe sy oor hom voel, sal sy een stappie voor moet bly.

In haar derde boek soek Marie Spruyt in die antieke wêreld na liefde en hoop vir al ons moderne euwels.

 

About the Author

Marie Spruyt het reeds twee boeke gepubliseer wat beide vir Woordveertjies
benoem is. Sy het vir ’n paar jaar in die buiteland gebly waarna sy begin skryf het,
juis om die andersheid en eendersheid van ’n lewe daar op papier vas te lê. Spruyt
het ’n doktorsgraad in Linguїstiek en sy woon tans in Polokwane binne ’n sagte,
soel omgewing waarin skryf vir haar ’n noodsaak is.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/02/2025
Language:
Afrikaans
Pages:
224
Dimensions:
198 × 128 × 17 mm
Weight:
0.2 kg