CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Oorgange en Voortgange – 'n Huldigingsbundel vir Prof. C.H.F. Ohlhoff

Now: R475.00
Was: R500.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780627031953
UPC:
9780627031953
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Oorgange en Voortgange – 'n Huldigingsbundel vir Prof. C.H.F. Ohlhoff

Author: H Willemse

Format: Physical Hardcopy

Oorgange en Voortgange is 'n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van prof. Heinrich Ohlhoff. Hy was sedert 1966 in verskeie hoedanighede verbonde aan die Universiteit van Pretoria.

Hy is 'n gerekende kenner van die Afrikaanse poësie, maar ook ewe tuis op die terreine van die Afrikaanse taalkunde, Algemene Literatuurwetenskap, Goties en Kultuurteorie. As filoloog het sy navorsing gekonsentreer op Middeleeuse Europese kultuur, Renaissance studie en sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde. Hy is op al hierdie vakterreine 'n wandelende ensiklopedie.

Elkeen van die bydraers tot die bundel het 'n persoonlike verhouding met Heinrich Ohlhoff, as voormalige studente of vakkollegas. Van sy oudstudente het hom die eerste keer in hul voorgraadse klasse meegemaak, sommige het hom later as begeleier vir hul nagraadse studie gekies, in sigself klinkende getuienis van hul vertroue.

Die studies wat hier opgeneem is, handel oor die Middeleeuse Nederlandse letterkunde, die Afrikaanse biografie, Afrikaanse mondelinge oordrag, akademiese geletterdheid, die leksikologie en veral die Afrikaanse prosa en poësie. Hierdie vakverskeidenheid is toepaslik omdat Heinrich Ohlhoff op al hierdie terreine met gemak kan saampraat.

Contents:

  • Hein Willemse – Woord vooraf

  • S.S. Thembekwayo – Meputso ya mediro / The pride of your labour C.H.F. Ohlhoff – Ure, dae, maande, jare: die oorgange en voortgange van ‘n akademiese lewe Terrence Carney – ‘Het doet emmer toverie’: ‘n forensiese ondersoek na die (on)waarskynlikheid van nekromansie in Die Hexe Jacomien van Niekerk – Verstedeliking: vergelyking tussen Suid-Afrikaanse letterkundes en die kultuurteks Amanda Lourens – Die uitbou van ‘n eens marginale tradisie: Marlise Joubert se gebruik van vroulike taal Neil Cochrane – Ondermyning van normatiwiteitsdimensies in die poësie van Loftus Marais: ‘n queer-teoretiese beskouing Erika Lemmer – ‘An entangled bank’: evolusionêre patrone in die Winterbachtweeluik klaaglied vir Koos en erf Neil van Heerden en Andries Visagie – Twee dieregestaltes by N.P. van Wyk Louw: Raka en ‘Die swart luiperd’ Annette Jordaan – Die ‘moeilike reis’: die skryf van ‘n lewensverhaal oor ‘n kontroversiële broer Nerina Bosman – Eenders en anders: die leksikons van Afrikaans en Nederlands in die een-en-twintigste eeu ? ‘n loodsstudie Adelia Carstens – Geletterdheidsnarratiewe as spieël van die motiveringsrolle van betekenisvolle andere Hein Willemse – ‘Om weer mens te word’: identiteit, onreg, skuld en restitusie in die RSG-vertelreeks Almal het ‘n storie


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Van Schaik Publishers
Publisher Title:
Oorgange en Voortgange – 'n Huldigingsbundel vir Prof. C.H.F. Ohlhoff
Authors:
H Willemse
Format:
Physical Hardcopy