CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Now: R49.50
Was: R55.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781920434175
UPC:
9781920434175
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Oor Bokdrolletjies en Rosyntjies

Author: Jonathan Jansen

Format: Paperback

Toe Prof. Jonathan Jansen ‘n kind was, het sy ma ‘n spreekwoord gehad wat hom bygebly het: “My kind, bokdrolletjies is nou eenmaal nie rosyntjies, al lyk dit baie dieselfde.

Moet nooit die twee deurmekaar kry nie.” Dis dan ook wat hy voortdurend in sy rubrieke doen wat die afgelope jare so gewild geword het in die Afrikaanse koerante: hy skei die kaf en die korrels op ‘n onderhoudende manier. Hy glo nie daaraan om te maak of iets reg is as dit verkeerd is nie.

Hy glo nie in toesmeerdery nie. Hy glo daarin om goed reguit te sê, soos dit is.

Prof. Jansen het al naam gemaak in die land, en nie alleen weens die Reitz-vier nie.

Hy het die slag om die groot vraagstukke van ons land – menswees, ras, politiek, godsdiens, saamleef al is dit moeilik – uit ‘n gewone persoon se oogpunt te bekyk, met ‘n sin vir humor maar ook met deernis. Gevra oor die sukses van sy omstrede rubrieke, sê hy: “Man, mens moet altyd minstens die helfte van jou lesers die duiwel in maak – dit moet net nooit dieselfde helfte wees nie.” Dis ’n boek wat mens om die braaiplek, in die klaskamer of op die bus aan die dink en aan die praat sal sit.

All the royalties from this book will go to the No Student Hungry campaign at the University of the Free State. Die lesers sê: Hi my liewe prof, jis dis ‘n nice boek wat prof geskryf het, ek het vandag een gekry vir my bday.

Net 1 vragie, hoe kry ek dan nou 1 wat nie geteken is nie? Ai man!

En hier sit ek, ‘n wit Afrikaner meisie ‘in your corner’! Jansen vir president!

Berna


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Bookstorm
Publisher Title:
OOR BOKDROLLETJIES EN ROSYNTJIES
Authors:
Jonathan Jansen
Format:
Paperback