Product Description
Om beter te kan moor
Author: Christelle van Rooyen-Wessels
Format: Paperback
Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar ’n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van ’n seun ’n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie?
Wanneer die lyk van ’n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met ’n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar?
Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ʼn vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?
Tussendeur op Gordonsbaai kan die jong musikant, Katherina, nie besluit hoekom die aantreklike nutsman, Hechter Stander, se attensies haar kriewelrig maak nie.
About the Author
Christelle van Rooyen-Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land €“ die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut.
Christelle Wessels is die skrywer van Adder, Brandmerk en Om beter te kan moor. Eersgenoemde is vir ’n ATKV-Woordveertjie genoem. Sy woon aan die voet van die Magaliesberge in Rustenburg, Noordwes.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.