Product Description
’n Redelike hoeveelheid moeilikheid
Author: André Krüger
Format: Paperback
’n Plaaslike spioenasie wipplankrit. Robert Ferreira is in die pekel.
Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen.
Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil… Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel?
En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor?
Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is.
Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg?
Net tyd sal leer… Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het.
Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?
About the Author
André Krüger is the author of the novels Die Twee Lewens van Dieter Ondracek (winner of the UJ Debut Prize), and Komplot. He was born in Johannesburg. He studied law and philosophy. He practiced as an attorney until the madness finally left him in 2005, when he entered the book trade. Currently he manages a bookstore in Stellenbosch.
=====
André Krüger is die skrywer van Die twee lewens van Dieter Ondracek (wenner van die Universiteit van Johannesburg-debuutprys), Komplot en 'n Redelike hoeveelheid moeilikheid. hy is gebore in Johannesburg waar hy in die regte en filosofie studeer. Ná jare verlaat hy sy beroep as prokureur om hom ten volle by die boekbedryf te skaar. Hy woon en werk tans in Stellenbosch.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace