Early Bird Spring Sale – Banner & Hero
15% OFF Sitewide · 1–30 September

Our Biggest Sale of the Year

EARLY BIRD 🐣 SPRING SALE

Order early and get 15% off all textbooks.
Beat the back-to-school rush – at unbeatable prices.

CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

My Stasie Straat Kombuis

R250.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485900832
UPC:
9781485900832
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

My Stasie Straat Kombuis

Author: Mynhardt Joubert

Format: Paperback

Sjef Mynhardt Joubert maak al die afgelope vyf jaar kos in sy Stasie Street Kitchen in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree en sy huis as kreatiewe ruimte en foto-ateljee inspan. Stories uit My Stasie Straat Kombuis is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar voorsit.

Mynhardt vermeng alles wat hy doen met sy geesdrif, lewenslus en liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservarings, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise oor die wêreld heen en deur Suid-Afrika. Lesers (en tuiskokke) word deur toeganklike resepte deel van hierdie ervarings. Sluit by hom aan in die ruimhartige en warm omgewing van sy Stasie Street Kitchen en skep jou eie verruklike kookkuns, gemaak met joie de vivre en armsvol liefde.

About the Author

Sjef Mynhardt het meer as 'n dekade gelede in die Kaap aangekom en aanvanklik in 'n wynkroeg in De Waterkant gewerk. Ná 'n mengelmoes van beroepe in die kunste, waaronder as balletdanser, het 'n hele wêreld van kos en wyn voor hom begin oopgaan en het hy verlief daarop geraak. Hy glo daar is niks meer bevredigend as om kos met liefde te berei en te sien hoe dit mense beïnvloed nie. Sy pad het gelei na Riebeek-Kasteel, waar hy die formidabele Anton Espost en sy vrou, Cecile, ontmoet het. Dit was hulle droom om 'n plattelandse wynkroeg en eetplek te vestig, en só is Bar Bar Black Sheep gebore. Hulle het daarop gekonsentreer om kos wat plaaslik verkry is met liefde te berei. Hulle het gekonsentreer op kos wat voorberei is met plaaslike bestanddele en het dit in die eenvoudigste en geurigste kombinasies voorgesit. Vyf jaar later het Mynhardt deelgeneem aan kykNET se werklikheidskookkompetisie Kokkedoor. Dit was die ondervinding van 'n leeftyd, en hy en sy kookmaat het die kompetisie gewen. Hulle het hulle eerste resepteboek vir die Kokkedoor-handelsmerk ontwerp en gestileer. Sjef Mynhardt was vir 'n paar jaar die handelsmerkambassadeur vir die KWV-bemarkingsveldtog en het meegewerk aan 'n wonderlike webwerf: www. Mynhardt.co.za, wat tans aanlyn inhoud vir verskeie sosialemediaplatforms en gedrukte media verskaf.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
My Stasie Straat Kombuis TPB
Authors:
Mynhardt Joubert
Publication Date:
28/02/2022
Language:
Afrikaans
Pages:
176
Dimensions:
245 × 200 mm