Product Description
Magriet die stadshoender
Author: Melanie Tait • Illustrator: Linki Brand
Format: Paperback
Recommended for ages 5+
ATKV Woordveertjies: Graad RR tot Graad 1 2021
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om ʼn eierdief op te spoor.
About the Author
Melanie Tait werk al vir langer as vyftien jaar in die wêreld van kommunikasie, hetsy in druk- of in oudiovisuele medium. Sy het ’n passie om nuwe maniere van storievertel te ondersoek en te sien hoe stories en mense aanmekaar kan aanvul en vasweef.
Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.
About the Illustrator
Linki Brand hou van teken en stories. Sy is tydens die 1980’s in Potchefstroom gebore. Sy spandeer haar kinderdae in Pretoria en later Venterstad in die Bo-Karoo. Sy gaan studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwesuniversiteit en raak in die geheim opgewonde oor illustrasiewerk. Linki het vryskutwerk gedoen vanuit Bloemfontein, Hermanus en daarna Bettysbaai, Greyton. Later emigreer sy saam met haar gesin na Penicuik, Skotland. Linki, haar man, Werner, dogtertjie, Fia en seuntjies, Ben en Lukas, bly tans in Bergen, Noorweë.
Verskeie van Linki se illustrasies verskyn in internasionale kinderboeke asook in die boeke van plaaslike skrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Leon de Villiers en Wendy Maartens. In 2018 het sy onder andere illustrasies vir twee kinderboeke in die Verenigde Koninkryk gedoen en 'n strokiesprent in die 24 Panels bundel gepubliseer. Sy is ook in 2021 aangewys as een van die finaliste vir die Pendoringtoekenning vir haar ontwerpe.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace